Berke Khan

Berke
Khan, shahanshah
Dinastie Bordjigin, Goue Horde
Volle naam Mongools: Бэрх хаан, ᠪᠡᠷᠺᠠ ᠬᠠᠭᠠᠨ
Geboorteplek Mongolië
Gesterf 1266
Azerbeidjan
Voorganger Oelaktsji
Opvolger Mengoe Timoer
Vader Djotsji

Berke Khan (oorl. 1266) (ook Birkai; Mongools: Бэрх хаан, Tataars: Бәркә хан) was die heerser van die Oeloes van Djotsji, of Goue Horde. Hy het die mag van die Blou en Wit Horde van 1257 tot 1266 gekonsolideer. Hy het sy broer Batoe Khan en broerskind opgevolg as die leier van die Blou Horde (weste) en was verantwoordelik vir die eerste amptelike vestiging van Islam in ’n khanaat van die Mongoolse Ryk.[1]

Ná Batoe Khan se dood het sy seun Sartaq hom opgevolg. Ná laasgenoemde se dood was Berke eers die regent vir sy nefie Oelaktsji, wat net 10 jaar oud was, maar in 1257 het Berke khan geword. Hy het aanvalle uitgevoer teen Litoue en Pole, veral om geld te kry om sy neef Hülegü aan te val.

Hülegü in Bagdad.
  1. Devin De Weese. "Islamization and Native Religion in the Golden Horde", Penn State Press, 1 September 1994, ISBN 0-271-01073-8 pg.3

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search